previous arrow
next arrow
Slider

Welkom by die Winnie Rust Stigting

Die Winnie Rust Stigting in samewerking met donateurs, begunstigdes, werkgewers en ander organisasies — help verdienstelike, hulpbehoewende inwoners van die Wes-Kaapse Wynlandgebied, ongeag ouderdom of ras, om studie- en opleidingsgeleenthede te benut deur hulle finansieël te ondersteun en persoonlike ontwikkeling aan te moedig. Sodoende word begunstigdes se potensiaal verwesenlik en kry hulle toegang tot menswaardige en betekenisvolle werkgsgeleenthede.

Ondersteun ons

Aangesien die Winnie Rust Stigting as ‘n openbare weldaadsorganisasie by die Suid-Afrikaanse belasting-owerhede (PBO/OWO Nommer 930063307) geregistreer is, is donateurs geregtig op belastingverligting soos bepaal deur OWO-belastingwetgewing.

Kontak ons

As jy ons visie deel, kontak ons ​​vandag en help om betekenisvolle geleenthede vir ons begunstigdes in onderwys, opleiding en indiensneming te skep.